Bye foto

bye foto


Bye foto



By-gedagtes in ’n hoogs geordende samelewing.


Die s tad van die heuningbye


Bye foto


BO: ’n Heuningby ( Apis mellifera ) vlieg met stuifmeel in ’n stuifmeelmandjie terug na die nes.



Foto (waarvan die buiterande deur ons weggesny is) deur
Muhammad Mahdi Karim ( www.micro2macro.net )
Die oorspronklike foto verskyn op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die wкreldwye web waar dit gelisensieer is ingevolge die bepalinge van die GNU Free Documentation License , slegs Weergawe 1.2 soos gepubliseer deur die Free Software Foundation . Kopiлring, verspreiding en/of wysiging word kragtens hierdie lisensie vergun


Bye foto
Ons geniet die suikersoet heuning wat hulle maak, maar dit is lank nie die belangrikste nut van heuningbye nie. Sonder die by-klanke in ons boorde sal ons geen loflied vir die perske, die pruim en hoeveel ander gewasse kan aanhef nie!


Hul oertuiste, sк die geleerdes, was die tropiese Midde-Afrika, waarvandaan hulle deur die eeue heen suidwaarts na Suid-Afrika, noordwaarts tot in Noord-Europa, en selfs na Indiл en China in die Ooste versprei het.


’n Bekende Bybelverhaal is diй van die sterke Simson wat heuning geлet het van ’n swerm bye wat hulle tuisgemaak het in die dooie liggaam van ’n jong leeu wat hy vroeлr kaalhand doodgemaak het.


Maar die heuningby wat vandag in Amerika voorkom, is ’n veel meer onlangse immigrant as die bye wat uit Afrika na die M > die heuningby is eers nб Columbus deur die Europese koloniste na Amerika gebring, waarna die ou Indiane dit “die witman se vlieg” genoem het.


Dit beteken nie dat die inheemse volkere van die Nuwe Wкreld voor dit nooit die dowwe dreuning van vlieлnde bye geken het nie. Noord-Amerika alleen is die tuiste van sowat 3500 ander byespesies, wat voor die koms van die witman self lustig in die berge, die canyons en op die prкries gegons het.


Die heuningby is ingevoer as bestuiwer vir die Ou Wкreldse plantespesies wat die Europeлrs saam met hulle na Amerika gebring het.


ANNEER ’n werkerby ’n mens met haar angel bydam, teken sy ook haar eie doodvonnis. Die angel skeur uit haar lyfie en sit in jou vel vas. Sy kan onmoontlik daarna nog lank bly lewe.


Ook mense wat hoogs allergies vir bysteke is, kan daarvan sterf. Gelukkig is dit meer die uitsondering as die reлl. Maar moet nooit ’n bysteek ligtelik opneem as jy nie presies weet hoe jou liggaam daarop sal reageer nie.


Wanneer ’n by jou steek, ervaar jy onmiddellik ’n intense pyn by die steekplek. Dit duur ’n minuut of wat, waarna die plek rooi word en die rooi tot omtrent drie sentimeter of meer kan versprei. ’n Swelsel in die omstreke van die bysteek kan dalk eers die volgende dag opgemerk word.


Wanneer ’n akute reaksie op ’n bysteek volg—binne minder as ’n uur—kan die pasiлnt uiters moeilik asemhaal, ’n ongereelde hartklop hк, skok ondervind en moeilik praat. Sulke slagoffers moet dadelik na ’n dokter gebring word.


Belangrik: Die angel van ’n by moet nie met die duim en voorvinger uit jou vel gepluk word nie, maar versigtig met ’n mes afgeskraap word. As jy dit met jou vingers uithaal, druk jy nog net meer gif by die steekplek in.


Daar is natuurlik nog duisende ander soorte bye. Trouens, wкreldwyd is reeds meer as ’n ontsaglike sowat 16 000 byespesies opgeteken, terwyl miskien nog soveel wag om beskrywe te word. Die waardevolste van almal bly egter maar die heuningby. Dis ’n ope vraag wat ons sou gedoen het sonder hom—of liewer haar, want die ywerige werkers in elke heuningbyenes is almal steriele wyfies.


Kan jy jou ’n wкreld sonder blomme of bome voorstel? Bye bestuif blomme en bestuifde blomme maak sade. En baie soorte sade bevat ’n vlesige omhulsel wat ons ’n vrug noem. Sк dus baie dankie vir die by!


In sy breл betekenis is die heuningby enige insek van die familie Apidae, orde Hymenoptera, en sluit dit alle bye in wat heuning vervaardig. In die enger sin het dit egter net betrekking op vier lede van die geslag Apis, maar gewoonlik word dit tot die gewone heuningby, Apis mellifera, beperk. Die ander Apis-spesies kom slegs in Asiл voor, en sluit gonsende “dwergies” en “reuse” onder die bye in. Daar is ook ’n aantal variante en subspesies, of rasse, van die Apis-spesies.


Benewens heuningbye het ons hier in Suid-Afrika ook ander interessante byesoorte wat klein, primitiewe kolonies vorm, soos die angellose klein mokka- en mopaniebye. Nog ander is volslae alleenlopers. Een voorbeeld is die houtkapperbye, wat hul neste in stompe en pale maak.


Ons gewone heuningby het, soos alle insekte, ses pote, ’n drieledige lyf (kop, toraks en agterlyf) en ’n harde buiteskelet. Die werker-heuningby is ’n rapsie langer as een sentimeter, hoewel die groottes van verskillende variante van hierdie spesie wissel. Die kop en toraks (bors) is iewat stekelig en verskil in kleur na gelang van die variant. Daar is twee groot samegestelde oл en drie enkelvoudige oл, wat besonder goed kan sien, asook twee sensitiewe voelhorings wat reuke waarneem. Heuningbye woon saam in byeneste of byekorwe.


Hulle kan met ’n snelheid van nagenoeg 25 km/h vlieg en verorber nektar (’n soet vloeistof in blomme) wat hulle in heuning omskakel. In die proses waarin van blom tot blom gevlieg word, versamel die stuifmeel van baie plante in die stuifmeelmandjies (holtetjies) aan die by se agterpote en word stuifmeel ook versprei waardeur plante bestuif word.


Die drie kastes in ’n byenes—en hoe
bye ontwikkel


S AMELINSEKTE soos bye, miere, termiete en wespe het in hul samelewings sogenaamde kastes of groepe, dit wil sк daar is verskillende soorte individue in dieselfde nes wat verskillend lyk en elk hul eie besondere take het.


Sу is daar in die stad van die heuningbye ook ’n hoogs verwikkelende maatskappy van drie soorte individue wat wesenlik soos ’n enkele organisme fungeer. Dit bestaan uit die vrugbare en bevrugte koningin en steriele wyfie-werkers (wat almal saam uit bevrugte eiers ontwikkel het) en die mannetjies of hommels (wat uit onbevrugte eiers ontstaan het). Van nader beskou, lyk die bye in hierdie drie kastes sу:


Bye foto


1) Die koningin: Sy is ’n bevrugte wyfie wat in staat is om meer as duisend eiers per dag te lк—elke dag gedurende haar hele lewe van een tot sewe jaar. Sy word van haar larwestadium af saam met ’n klompie ander larwes vir haar koninklike rol “gekweek”—anders opgevoed en gevoed as die res van die larwes. Potensiлle koninginne ontvang meer van ’n sekere stof, genaamd koninginjellie, van die werkers wat hulle voed. Die eerste gebore “kroonprinses” maak die ander “prinsessies” dood nadat sy uitgebroei het en word die nuwe koningin van die korf.


2) Die werkers: Hulle vorm ’n groep van ’n paar tot sowat 60 . 000 onderontwikkelde en steriele wyfies. Pleks van ’n lкboor—’n orgaan waarmee eiers gelк word—soos by die koningin, het ’n werkerby ’n venynige gifangel aan die agterlyf, waarmee sy die nes tot die dood toe sal verdedig. Die werkers versorg ook die koningin en haar eiers en larwes. Daarbenewens is hulle nektarversamelaars en het hulle ’n stuifmeelmandjie aan die agterpote wat nie by die koningin voorkom nie.


3) Die hommels of darre: Hulle is ’n groep van nul tot sowat duisend mannetjies, wat uit onbevrugte eiers ontwikkel. Darre is vroeлr ook verkeerdelik waterdraers genoem, maar hulle is opperste luilakke wat nooit ’n greintjie werk in hul lewe doen nie, wat nog te sк water na die byekorf toe aandra! Hulle kan trouens glad nie vir hulself sorg nie en moet deur die werkers versorg word.


’n Dar se enigste taak en doel in die lewe is om met ’n koningin te paar indien hy sy menigte mededingers van ander korwe kan uitstof—’n onderskeiding wat dan ook die (on)gelukkige drommel van ’n hommel se lewe kos. Boonop word darre ook nie te alle tye in die nes geduld nie. In die winter word hulle ongenadig uit die korf geskop om buite te vrek. Hulle het ook nie angels nie.


Die bevrugte eiers wat deur ’n koningin gelк word, word bevrug deur die sowat 90 miljoen sperma wat sy haar lewe lank in haar liggaam bewaar nб haar bruidsvlug. Die bruidsvlug volg ’n bepaalde patroon waartydens sy met ’n aantal verskillende hommels paar.


Die maagdelike “kroonprinses” vlieg na ’n versamelplek waar honderde, selfs duisende, hoopvolle bruidegomme uit die omgewing se byeneste op haar wag. Net ’n klompie kry dit reg om die een nб die ander met haar te paar, waartydens elkeen agteroorval in sy passie en sy penetrerende deel of endofallus letterlik uit sy lyf geruk word. Elke agtergeblewe endofallus word om die beurt deur die volgende mannetjie voor paring uit die koningin se liggaam verwyder. Al die bruidegomme sterf ’n vroeл dood weens hul verminkte agterlywe.


Die lewe van ’n nuwe heuningby begin op die oomblik wanneer die koningin in eiertjie in ’n sel van ’n heuningkoek lк. Drie dae nadat 'n eier gelк is, verskyn die larwe, wat dan drie dae lank deur werkers met koninginjellie gevoed word. Van die vierde dag af is daar slegs heuning en stuifmeel op die werker- en hommellarwes se spyskaart. As ’n werkerlarwe hierna steeds met koninginjellie verwen word, ontwikkel ’n koningin.


Dit duur sowat agt dae voordat die larwes volgroe > Nб hierdie russtadium, wat nog ’n aantal dae duur, maak die volwasse by sy verskyning.


En as die nuweling ’n werker is, wag ’n hiperbedrywige lewe van miskien 20 tot 40 dae op haar waarin sy haar letterlik gaan doodwerk. Net in die winter, wanneer sy nie soveel werk nie omdat daar min of geen blomme is nie, kan sy sowat 140 dae lank lewe.


Werkers doen eintlik al die werk in die byenes. In die eerste drie dae van hul lewe hou hulle die nes skoon. Daama voer hulle al die larwes tot die tiende dag. Hierna word hul wasproduserende organe aktief en begin hulle met die bou van nuwe wasselle. Die sestiende tot die twintigste dag word aan die versamel van nektar en stuifmeel bestee wat deur terugkerende werkers na die byekorf gebring word.


Omstreeks die twintigste dag staan hul wag voor die ingang van die byekorf voordat hulle uiteindelik hul vlerke sprei na die blommeland om nektar en stuifmeel te versamel.


Intussen bly die koningin steeds die m > haar leidende posisie is ’n spesiale geurstof, of feromoon, wat sy produseer en deur die hele korf versprei om die werksters se geslagsontwikkeling te onderdruk.


Maar mettertyd word sy te oud om genoeg van haar inhiberende doepa uit te strooi. Die werkers begin dadelik ’n klompie nuwe koninginne kweek. Die uiteinde is meestal dat ’n heersende koningin die nes met ’n deel van die bevolking—miskien van 5 . 000 tot 25 . 000 bye—verlaat en uitswerm om ’n nuwe kolonie elders te vestig. Haar plek in die ou nes word dan deur die eerste aankomeling onder die jong aspirant-koninginne ingeneem.


Bye foto


BO: Wanneer die blomme in die lente en somer bloei, vaar die werkers van ontelbare byeneste die velde in om nektar in hul mae en stuifmeel aan hul agterpote te versamel.


Foto van PDPhoto.org ,
wat by gebruik van foto ’n skakel na hul webwerf vereis


Nut en produkte van die heuningby


D IS maklik reeds vierduisend jaar, dalk selfs langer, dat mense bye vir hul heuning en vir byewas benut. Tot taamlik onlangs in die mensegeskiedenis was heuning immers die enigste vorm van suiker wat betreklik maklik bekombaar was. Byewas was boonop ook eeue lank gesog vir die maak van salwe, kerse en baie ander produkte.


Bye foto
Alles danksy die heuningby. Wanneer die blomme in die lente en somer bloei, vaar die werkers van ontelbare byeneste die velde in om nektar in hul mae en stuifmeel aan hul agterpote te versamel.


Nektar is ’n suikeragtige oplossing wat in blomme voorkom. Vyftig tot tagtig persent daarvan kan water wees, maar wanneer die bye dit in heuning omskakel, bevat dit slegs sestien tot agttien persent water. Dit is die vernaamste koolhidraat in die dieet van bye.


Tog maak die gemiddelde nektarversamelaar net sowat een twaalfde van ’n teelepel heuning in haar lewe. En werkers moet ongeveer twee miljoen blomme besoek om minder as ’n halwe kilogram heuning te maak.


Ook die stuifmeel wat bye versamel, word geredelik verorber. Stuifmeel verskaf die proteпene wat so noodsaaklik vir die voeding van larwes (jongbye) is.


Werkers sal op ’n sekere leeftyd byewas uit ’n reeks kliere aan die agterlyf afskei. Hierdie was is noodsaaklik om heuningkoeke te maak—fantastiese strukture wat uit seshoekige selle saamgestel is en as kinderkamers sowel as spense vir die heuning en stuifmeel dien.


Bye moet sowat agt kilogram heuning verorber om een kilogram was te maak. Gevolglik is dit vir byeboere belangrik om korwe sу te ontwerp dat heuningkoeke uitgehaal en ongeskonde teruggeplaas kan word nadat die heuning met swaaimasjiene daaruit gewentel is. Dan is dit nie vir die bye nodig om soveel heuning te verteer om was te vervaardig nie.


Minder bekend as ’n produk van die heuningby is propolis (of “bywerk”), wat volgens party kenners nie altyd die erkenning kry wat dit verdien nie. Propolis is ’n harsagtige stof wat bye van die blomknoppe en groeipunte van plante versamel om hul korf waterdig, steriel en infeksievry te hou. Dit bestaan uit 60 persent hars, 30 persent was en 10 persent stuifmeel en ander vreemde stowwe. Propolis word verkoop vanweл beweerde gesondheidsvoordele wat dit ook vir mense inhou.


Navorsers van die Universiteit van Minnesota in St Paul, in die VSA, het in ’n interessante onlangse studie bevind dat ’n kolonie heuningbye met hul antimikrobiese propolis in der waarheid ’n soort “sosiale immuniteit” skep. Dit verminder die behoefte van elke individuele by om ’n sterk immuunstelsel te hк.


Maar dit bly die heuning en was wat bye berei, wat vir die mens onder die kosbaarste dinge in die natuur is. En tog is dit nie die vernaamste nut van die heuningby nie. Diй is alles maar net “ by-sake”, om dit sу te stel! Die allergrootste nut van die heuningby is as bestuiwer van die mens se gekweekte gewasse en ook van die blomme in die vrye natuur.


Glo dit, navorsers reken dat ons ’n hele derde van die kosse wat ons eet aan bestuiwing deur heuningbye te danke het. Sonder die by-klanke in ons boorde sal ons dus geen loflied vir die perske, die pruim en hoeveel ander gewasse kan aanhef nie! Ook baie van dit wat ons klee, het in hul ruwe vorm deur die onverdrote ywer van hierdie dof-brommende stuifmeelverspreiders ontstaan.


Bye foto


LINKS: Wayne Esaias, ’n wetenskaplike van die Amerikaanse ruimte-agentskap NASA, teken die gewig van sy byekorwe aan. Hy glo dat ’n byenes—wat met die wisseling van die seisoene gewig aansit en verloor—’n sensitiewe aanduider is van die impak wat klimaatsverandering op blomplante het. Uit ’n ander hoek beskou, kan gesк word dat die mens se besoedeling van die aarde se atmosfeer ook die heuningbye nadelig kan tref. Boonop is daar allerhande siektes wat ons grootste vriendjies in die gogga-wкreld bedreig, soos reg hieronder vertel word.


Foto: Elaine Esaias / Earth Observatory / NASA



Daar bestaan n ie verniet dat soveel kommer oor ’n verwoestende aansteeklike siekte, Amerikaanse broedpes (American Foul Brood of AFB), wat in die jongste tyd onder heuningbye regoor die Wes-Kaap en elders in ons land uitgebreek het nie.


Die broedpes-bakterieл besmet die jongbye (larwes van die bye) en kan hele kolonies uitwis. Die larwes word donker en vrek, om daarna in ’n draderige massa te verander wat verdroog. Die droл massa dra spore wat op hul beurt ander jongbye kan infekteer. Nie net word die byeboere daardeur bedreig nie, maar ook die vrugteboere wat soveel aan bye verskuldig is vir bestuiwing.


Sorgwekkender nog is dat Amerikaanse broedpes glo feitlik wкreldwyd voorkom. Die “Amerikaanse” in die naam verwys nie na die plek van oorsprong van die siekte nie, maar na waar dit die eerste keer wetenskaplik ondersoek is.


Bye foto


BO: Jongbye, of larwes, wat deur Ame­rikaanse broedpes geпnfekteer is, verdon­ker en word ’n draderige massa wat later verdroog en die spore dra wat weer ander jongbye kan besmet.


Foto: Virginia Williams / U.S. Departement of Agriculture


Bye foto


BO: Benewens dodelike bakterieл, kan heuningbye ook deur ’n hele aantal verskillende virusse aangeval word. Hier is ’n klompie bye met vervormde vlerke—die resul­taat van een soort virusinfeksie.


Foto: U.S. Departement of Agriculture


Brokkie inligting bygevoeg in April 2012


’N I NSEKDODER wat baie algemeen gebruik word, is waarskynlik die oorsaak van die skerp wкreldwye vrekte van bye-kolonies, volgens ’n studie deur die Harvard School of Public Health in Boston, Massachusetts, in die VSA. Die bevinding is in April 2012 bekend gemaak.


Lede van die Harvard-span, onder leiding van die bioloog Alex Lu, het gesк dat hulle oortuigende getuienis gevind het van ’n verband tussen die insekdoder en die verskynsel dat bye hul neste in sulke swerms verlaat dat die kolonies afsterf.


Bye foto
Bye foto
Bye foto
Bye foto
Bye foto
Bye foto
Bye foto


Alles wat soos ’n heuningkoek lyk, is nie noodwendig ’n heuningkoek nie. Glo dit, die “koek” REGS is polio-virusse onder die elektron-mikroskoop—dit het hoegenaamd niks met bye te doen nie. ONDER is wel ’n elektronmikrograaf van ’n klompie van ’n by se oogeenhede. Is dit omdat haar baie ogies seshoekig is dat die by niks anders as seshoekige was-selle kan bou nie?



Foto bo: CDC / Dr. Fred Murphy


Foto links: CDC / PHIL

Bye foto
REGS: En diй? Baie mense sou seker sк dis die karton- of papieragtige nessie van ’n soort perdeby, soos ’n mens dit aan takke of oorhangende dakke vind. Verkeerd! Dis ’n mikrosfeertjie van kristalliete van die verbinding titaandioksied, soos vergroot deur hipermoderne tegnologie. Wetenskaplikes sк daar kan van sу ’n kristalstruktuur verwag word om lig baie doeltreffend te versprei.


Foto bo: Sascha Klein, Fred Lange and David Pine, Universiteit van Kaliforniл, Santa Barbara / Met vergunning van National Science Foundation

Bye foto
REGS: ’n Werklike papieragtige perdebynes. Die boustof vir sulke soorte neste bestaan uit verrotte en fyngemaakte hout en speeksel. Baie perdeby- en bysoorte maak egter ook hul nessies of die kweekkamertjies vir hul toekomstige larwes van modder of klei. Die bepaalde perdeby op hierdie foto is, sover vasgestel kan word, nie van ons wкrelddeel nie, maar in vergelyking met ander wкrelddele is Afrika tog betreklik ryk aan by- en perdebysoorte. In Suider-Afrika alleen is honderde inheemse soorte wat nie eens in ander dele van Afrika voorkom nie.


Foto: CEPOLINA.COM / FREEPHOTO

Bye foto
LINKS: Seskantigheid (die sogenaamde sesvlak of heksagoon) het ook sy besliste plek in die tegnologie. Hier ondersoek ’n navorser van die Amerikaanse ruimteagentkap NASA ’n reeks sonspieлls vir ’n nuwe soort meganiese werktuig. Die mens het by die heuningby afgekyk om die waarde van die sesvlak beter te verstaan. Sesvlakke skakel ineen en vul al die beskikbare ruimte, waardeur ’n sterk struktuur sonder enige gapings tussenin gevorm word. Vierkante sal ook die ruimte vul, maar nie so ’n stewige struktuur bied nie. Driehoeke sal ook al die ruimte in beslag neem en ’n stewige struktuur vorm, maar wat die bye aanbetref, sou dit vir hulle moeilik gewees het om heuning uit die skerp hoeke van driehoekige heuningselle te verwyder.


Die wonderlike waggeldans

M AAR hoe weet bye in ’n korf so presies waar hulle die geilste voorraad nektar kan kry? Vertel die een dalk vir die ander waar die beste blomme is? Inderdaad.


Byeboere was lank dronkgeslaan deur ’n geheimsinnige ritueeltjie wat bye voor ander bye in die nes uitvoer nadat hulle op ’n versameltog was om nektar in die hande te kry. Nadat ’n werker nб haar uittog weer in die korf aangekom het, dans sy in die vorm van ’n syfer 8 terwyl sy haar agterlyfie swaai. Al die ander bye versamel om haar asof hulle haar aksies noukeurig bestudeer.


Eers in die jare sestig van die twintigste eeu het die Oostenrykse Nobelpryswenner en insektekundige prof. Karl von Frisch ’n aanneemlike verduideliking vir hierdie rare seremonie aangebied. Hy het gereken dat bye met hierdie dans ’n ingewikkelde stel instruksies aan hul medebye oordra oor hoe om ’n ryk bron van nektar te vind. Prof. Von Frisch het gespekuleer dat die rigting waarin die syfer 8 lк die rigting van die voedselbron aandui (met inagneming van die stand van die son), terwyl die intensiteit van die waggelings aandui hoe ver dit is.


Die teorie is egter deur sekere ander geleerdes bevraagteken, deels omdat hulle nie kon glo dat bye in staat kan wees om sу ’n ingewikkelde boodskap te ontsyfer nie. Daar is gereken dat ’n werker eintlik haar geur met die dansery versprei sodat die ander haar op die spoor van haar geur na die nektarbron kan volg.




Заключение: Bye foto By-gedagtes in ’n hoogs geordende samelewing. Die s tad van die heuningbye BO: ’n Heuningby ( Apis mellifera ) vlieg met stuifmeel in ’n

Комментариев нет:

Отправить комментарий